Call: 0860 103 236

For up to date information about the pandemic visit www.sacoronavirus.co.za

CR119 Afkoop van polis – datum vir berekening van die waarde daarvan

CR119

Afkoop van polis – datum vir berekening van die waarde daarvan.

Agtergrond

Mnr A was ‘n aandeelhouer en direkteur van maatskappy B. ‘n Polis op sy lewe is deur die maatskappy by versekeraar X uitgeneem en deur A, as polishouer, aan maatskappy B gesedeer om te verseker teen die geval dat A te sterwe sou kom en die maatskappy ‘n aanspreeklikheid teenoor sy boedel sou opdoen. Toe A in Februarie 2003 as direkteur bedank, het hy versoek dat die sessie gekanselleer word. Die destydse besturende direkteur, mnr C, het die dokument onderteken en mnr A het voortgegaan om premies te betaal. Op ‘n latere stadium besluit mnr A om die polis te kanselleer en aansoek te doen om uitbetaling daarvan. In Mei 2003 besorg mnr A aan die versekeraar die kansellasie-dokument onderteken deur mnr C. Maar X het aangedring op bewys van mnr C se destydse magtiging om die dokument te kon teken en dat ‘n rubber stempel van maatskappy B op die kansellasie-dokument aangebring moes word. Aangesien maatskappy B op daardie stadium nie meer bestaan het nie, kon daar nie aan dié vereistes voldoen word nie en die saak het vir etlike maande gesloer voor mnr A by ons kantoor kom kla het. Intussen het die versekeraar voortgegaan om premies teen die poliswaarde te verhaal. Eers in Januarie 2004 is ‘n bedrag aan mnr A uitbetaal.

Bespreking

Maatskappy X was geregtig om aan te dring op bewys dat iemand wat bevoeg was om namens maatskappy B te handel tot die beweerde kansellasie van die sessie ingestem het. Sodanige bewys is, anders as wat vesekeraar X beweer het, egter reeds in Mei 2003 deur versekeraar X ontvang. X se aandrang op verdere bewys was, in die lig van die omstandighede wat toe reeds bekend was, puntenerig en nie redelik nie. Daar was geen werklike twis daaroor dat mnr C wel op die tersaaklike tydstip gemagtig was om namens maatskappy B dokumente te teken nie. Die deurslaggewende datum, soos deur ons bevind, was gevolglik op sy laatste Mei 2003. Geen premies was daarna verskuldig of aftrekbaar nie. Enige eis wat daarna op die polis teen maatskappy X aanhangig gemaak sou gewees het, sou deur X afgewys kon gewees het op grond daarvan dat die polis reeds deur die sessionaris gekanselleer was.

Resultaat

Ons bevinding was gevolglik dat die tersaaklike afkoopwaarde met verwysing na Mei 2003 bereken moes word. Die maatskappy het aan die bevinding gevolg gegee.

PMN
Oktober 2005

Subscribe to our Newsletter